Irene Fischer

Om te leer loop

English Version

Ek het eers van die woord ‘hemipleeg’ gehoor nadat ek self een geword het in 2009.

‘n Hemipleeg ervaar verlamming of ‘n sekere mate van swakheid aan die een kant (een hemisfeer) van hul lyf, wat soms die veroorsaak kan word deur ‘n traumatiese breinbesering.

My arm, romp en been was verlam

Toe ek wakker word was die regterkant van my liggaam heeltemal verlam.

My eerste fisio by Pasteur rehab was Heleen van Wyk. Al was ek later bitter mismoedig omdat ek maande na die ongeluk nog nie kon loop nie, was Heleen altyd optimisties en bemoedigend. Sy’t geduldig aan my verduidelik dat my liggaam nog nie my brein se opdragte kon hoor nie, omdat my lyf baie seergekry het en nog tyd nodig om te hertel en sterk te word voor ek sal kan probeer om te loop.

irene fischer accident
Ek en Heleen (Januarie 2010)

Teen Maart 2010 het ‘n tweede fisioterapeut, Crissie Saaiman, my geleer om uit my rolstoel op te staan en regop te staan tussen die parallel bars by die gym in die rehab, want vir vyf maande wat ek byna permanent aan my rolstoel gekluister.

irene fischer ongeluk
Ek en Chrissie (Maart 2010)

Namate my balans verbeter het, het ek met ‘n loopraam begin oefen en teen April 2010 kon ek uiteindelik my eerste 10 tree semi-onafhanklik gee (met haar hulp natuurlik).

irene fischer ofm ongeluk
Ek en Chrissie (April 2010)

Nadat ek uit Pasteur ontslaan is in Mei 2010 is ek saam my ouers Rustenburg toe, want ek het voltydse versorging en hulp nodig gehad.

Daar het ek vir Jurgen Voges ontmoet, die man wat my bene weer heeltemal sou oopsluit. Ons het saam klipharde klippe gekou en suikersoet oorwinnings gesmaak.

Irene fischer learning to walk
Ek en Jurgen

In 2010 het ek Pasteur in ‘n rolstoel verlaat en teen April 2013 kon ek heel astrant perdry (te danke aan Jurgen se hulp en leiding).

irene fischer accident

irene fischer

 

Jurgen het my vir die eerste keer laat besef watter bron van onuitputbare potentiaal my liggaam is, mits ek tyd en moeite daarin belê om dit te ontgin.

Hy het my aanhou ondersteun, bemoedig en uitgedaag totdat ek uiteindelik teen September 2013 kort afstande met behulp van net ‘n kierie kon loop.

Dit het my drie jaar en elf maande geneem om weer te kan loop.

Dit is meer as twee miljoen minute. Probeer om tot by twee miljoen te tel. Ek daag jou uit.

Bly kalm.
Geduldig.
Optimisties.
Gemotiveerd.

Dan sal jy ‘n idee kry van hoeveel geduld dit van my geverg het om weer te kan loop.

Attitude determines altitude.

Te danke aan intensiewe fisioterapie en arbeidsrerapie ek het gelukkig baie krag en beweging herwin sedert 2009 en kan ek vandag perdry en selfs weer loop.

Ek wil afsluit deur jou ‘n kort video te wys wat daai twee miljoen minute opsom in net 3.

charles bukowski quote fire