Irene Fischer

Vrae en antwoorde oor traumatiese breinbeserings (TBI)

English Version

Hier volg die algemeenste vrae oor taumatiese breinbeserings.

1. WAT IS ‘N TRAUMATIESE BREINBESERING (TBI)?

As ‘n externe krag ‘n persoon met ‘n uitermatige spoed teen die kop tref kan dit die brein se natuurlike funksies permanent verander.
‘n Voorwerp (bv. ‘n krieketkolf); ‘n wapen (bv. ‘n pistool) of ‘n motorongeluk kan ‘n TBI tot gevolg hê.

2. IS ALLE TRAUMATIESE BREINBESERINGS DIESELFDE?

Geen twee traumatiese breinbeserings lewer dieselfde hoeveelheid skade en dus gevolge op nie.

3. IN WATTER MATE KAN ‘N BREINBESEERDE VERWAG OM TE HERSTEL VAN ‘N TBI?

Die herstelproses kan net individueel gemeet word as gevolg van die brein se delikate samestelling.
Dit hang af van die areas van die brein wat beseer is en ook die hoeveeldheid skade wat dit tot gevolg het.
Gewoonlik moet ‘n persoon weer leer om fisiese funksies te herwin (soos loop, eet, praat ens.) en funksionele aktiwiteite (soos hoe om tande te borsel, klere aan te trek, koffie te maak, te skryf ens.) te bemeester.

4. WANNEER BEHOORT REHABILITASIE (FISIO-; ARBEIDS- EN SPRAAKTERAPIE) TE BEGIN?

Rehabilitasie moet verkieslik begin sodra ‘n breinbeseerde medies stabiel is.
Deur rehabilitasie word ‘n persoon verskeie vaardighede geleer om uitdagings te oorkom wat hulle ervaar na hulle ‘n traumatiese breinbesering opgedoen het. Die brein het ‘n ongelooflike vermoë om te herstel oor tyd en daarom kan die terugkeer van vaardighede jare na die traumatiese breinbesering voorkom, mits volgehoue terapie geskiet.

5. HOE WORD DIE ERNSTIGHEID VAN ‘N TBI BEPAAL?

‘n Breinbesering word gewoonlik op drie vlakke geklassifiseer: mild, moderate of severe.
Die Glasgow Coma Scale (GCS) word gebruik tydens verskeie tydperke na ‘n TBI opgedoen is om die vlak van bewustheid en reaksie van die patient te bepaal.

6. WANNEER KAN DIE VOLLEDIGE EFFEKTE VAN ‘N TBI BEPAAL WORD?

Die volledige effekte van ‘n breinbesering kan eers volkome bepaal word nadat ‘n patient mediese sorg in ‘n ICU voltooi het en daarna oorgeplaas word na ‘n rehabilitasie sentrum.

7. OP WATTER MANIERE KAN ‘N TBI ‘N PERSOON AFFEKTEER?

Die uitwerking van verskillende TBI’s is ongelooflik uiteenlopend en die gevolge daarvan is baie verreikend.

”Wanneer ‘n TBI plaasvind kan enige iets wat deur die brein beheer word geaffekteer word
Alle areas van ‘n persoon se lewe kan negatief beïnvloed word. Dit strek vanaf basiese liggaamlike funksies, soos eet, loop en slaap, tot meer ingewikkelde dele, soos emosies, gedagtes en die vermoë om sinvol te kommunikeer.

8. WAT IS SOMMIGE VAN DIE LANGTERMYN GEVOLGE VAN ‘N TBI?

Die meeste mense wat ‘n TBI opgedoen het, ervaar probleme met basiese kognitiewe vermoëns.
Dit kan moeilik wees vir so persoon om te konsentreer, wat dit dan moeilik maak om iets nuuts te leer of ‘n sinvolle gesprek te voer.

Omdat die brein so ‘n komplekse orgaan is, is dit onmoontlik om te voorspel watter langtermyn effekte teenwoordig sal wees ná ‘n persoon ‘n TBI opgedoen het.

‘n Traumatiese breinbesering kan ook veroorsaak dat die breinbeseerde stadiger dink en langer neem om informasie te prosesseer.
Die moontlikheid bestaan dat ‘n breinbeseerde vinniger deurmekaar word en maklik verboureerd raak.

9. KAN ‘N TRAUMATIESE BREINBESERING ‘N PERSOON SE PERSOONLIKHEID VERANDER?

‘n Traumatiese breinbesering kan ‘n persoonlikheidsverandering tot gevolg hê. Aangesien die brein ons emotionele en sielkundige welstand beïvloed, kan ‘n traumatiese breinbesering ‘n persoon se sielkundige welstand verander.Insig en logika ontbreek dikwels.Impulsiwiteit kan voorkom en dinge wat die persoon voorheen maklik sou kon doen (soos praat en luister), kan na ‘n traumatiese breinbesering moeilik wees om te verrig.

10. KAN ‘N PERSOON SE SINTUIE DEUR ‘N TBI BEÏNVLOED WORD?
  • Soms verloor ‘n breinbeseerde gedeeltelik die vermoë om te ruik, te hoor en te proe.
  • ‘n Gesuis in die ore (tinnitus) is ook ‘n gereelde verskynsel.
  • Oogprobleme is algemeen na ‘n TBI. Permanente dubbelvisie, verswakking in sig, en soms blindheid kan voorkom.
  • Probleme met balans en vertigo kan voorkom.
11. WATTER KOGNITIEWE VERANDERINGE MAG DALK VOORKOM AS GEVOLG VAN ‘N TRAUMATIESE BREINBESERING?

‘n Breinbeseerde kan sommige of al die volgende uitdagings ervaar:

  • Probleme met geheue en memorisering
  • Swak oordeelsvermoë
  • Verloor gedeeltelik of algeheel die vermoë om te lees en te skryf
  • Sukkel met probleem-oplossing
  • Onvermoë om abstrakte konsepte te verstaan
12. WATSE FISIESE VERANDERINGE MAG DALK VOORKOM AS GEVOLG VAN ‘N TRAUMATIESE BREINBESERING?
  • Liggaamlike swakheid
  • Algehele of gedeeltelike verlamming
  • Koordinasie probleme
  • Verandering in seksuele gedrag
  • Epilepsie
  • Slaap probleme
  • Spraakgebreke
13. WATTER SUBTIELE OF GROOTSKAALSE PERSOONLIKHEIDS- EN GEDRAGSVERSKILLE MAG DALK VOORKOM NA ‘N TRAUMATIESE BREINBESERING?
  • Sosiaal onvanpaste gedrag
  • Onvermoë om te simpatiseer met ander
  • Geneig om meer egoisties te wees
  • Overmoë om emosies te beheer
  • Word vining geïrriteerd en gefrustreerd
  • Aggressiewe gedrag
  • Depressie
14. WAT VEROORSAAK DIE ONVERMOË OM WOEDE EN AGGRESSIE TE BEHEER NA ‘N TRAUMATIESE BREINBESERING?

Daar is ‘n direkte verband tussen die area van die brein wat beskadig is tydens die TBI en die breinbeseerde se onvermoë om woede en aggressie te beheer. Woede en aggressie kom voor as gevolg van ‘n afname in impulsbeheer wat die gevolg is van skade aan die frontale lob. Die frontale lob van die brein is die area agter die voorkop. (Lees meer oor moontlike nagevolge van ‘n TBI hier)

chip bell quote

Indien jy meer informasie en ondersteuning benodig ten opsigte breinbeserings, besoek asseblief Brainlife te webblad by www.brainlife.co.za.

Brainlife is ‘n nie-winsgewende organisasie wat toegewyd is daaraan om hulp te verleen aan mense wat ‘n traumatiese breinbesering opgedoen het en ook om ondersteuning en berating gratis aan geliefdes te verskaf.

(Sommige van die bostaande antwoorde is in geheel of gedeeltelik gebaseer op die publikasies van The Centers for Disease Control and the Traumatic Brain Injury Research Group en was exclusively vir www.brainline.org geskryf deur Michael Paul Mason.)