Irene Fischer
Meer oor breinbeserings
previous arrow
next arrow
Slider

Tuis

English Version

‘n Miljoen dingetjies kan skeefloop as die brein breek.

Die maniere waarop die liggaam kan breek is meer opsigtelik, ‘n Mens kan ‘n gebreekte lyf sien: ‘n nekstut; ‘n arm in gips; ‘n been gestut in ‘n moonboot; ‘n bloukol op jou maermerrie; selfs iets so eenvoudig en klein soos ‘n papercut is vlugtig sigbaar op die vel.

Mens kan egter nie sien hoe die brein rof rondskommel in die skedel tydens ‘n motorongeluk en teen die rowwe binnekante daarvan bots, skeur en bloei nie. Dis deels hoekom traumatiese breinbesering en die uiteenlopende maniere waarop dit ‘n persoon kan affekteer in onkunde gehul is.

Dit behoort algemene kennis te wees aangesien breinbeserings die hoofoorsaak van gestremdhede in Suid Afrika is.

My naam is Irene Fischer en in 2009 het my lewe onherroeplik verander toe ‘n vragmotor ‘n rooi verkeerslig verontagsaam het en in my motor vasgeploeg het. Ek het ‘n traumatiese breinbesering (TBI) opgedoen wat gevolglik gelei het tot breinskade. (Klik hier om meer te lees oor die ongeluk.) 

Eers nadat ek ‘n TBI opgedoen het, het ek bewus geword van die onheilspellende stigma wat daaraan kleef.

Deur hierdie webtuiste beoog ek om meer bewustheid oor breinbeserings te skep deur die vooropgestelde idees en verwronge aannames te beveg met waardevolle en feitlike inligting.

Beter bewustheid sal hopelik lei na broodnodige respek en empatie teenoor enige iemand wat leef met die vermoeiende uitdagings van ‘n breinbesering.

irene fischer website